Central SA
Upington-polisie lê beslag op onwettige sigarette─── 06:21 Mon, 06 Mar 2023
Lede van Upington se grenspolisie het op onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R308 000 beslag gelê.
Die polisielede het Saterdag 4 Maart inligting ontvang oor ‘n bussie wat na bewering onwettige sigarette vervoer en daarmee handel dryf, sê polisiewoordvoerder Omphile Masegela.
Die voertuig is in die dorp voorgekeer en by nadere ondersoek is 28 kartonhouers met sigarette ontdek, wat tussen ander vragitems versteek was.
’n 44-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die handel in onwettige sigarette en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
