On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Staking lê Noord-Kaapse hospitale lam

───   12:25 Mon, 06 Mar 2023

Staking lê Noord-Kaapse hospitale lam | News Article
FOTO: Charné Kemp

Tersiêre en ander hospitale en klinieke is ook in Kimberley, Upington en elders in die Noord-Kaap deur die landwye Nehawu-staking lamgelê .

Dié vakbond en ander staatsdiensvakbonde is ontevrede oor hul salarisse en ander voordele. 

Die Noord-Kaapse provinsiale sekretaris van Nehawu, Moleme Moleme, het met OFM-nuus se korrespondent, Charné Kemp, gesels: 


In Kimberley is die ingange na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal met brandende buitebande en rommel versper. Noodsaaklike gesondheidsdienste nog gelewer, maar ander staatsdiensdepartemente, soos die Premierskantoor en Departmente van Landbou en Onderwys, is lamgelê. 


Hy sê die meerderheid amptenare behoort aan deelnemende vakbonde. Die stakings sal onbepaald voortduur. 

Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid het aangedui dat hulle so gou moontlik op medianavrae sal reageer. 

OFM-nuus/Charné Kemp

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.