On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Tenderbedrogsaak in Noord-Kaapse hof aangehoor

───   12:40 Tue, 07 Mar 2023

Tenderbedrogsaak in Noord-Kaapse hof aangehoor | News Article

Die verhoor waarin 'n eertydse Noord-Kaapse Departementshoof van Gesondheid en twee direkteure en hul maatskappy aangekla word van tenderbedrog van R384 miljoen, het Dinsdag in Kimberley se hooggeregshof voortgegaan.

Die aangeklaagdes is Steven Jonkers, Renier van Rooyen en Claudius Peterson, direkteure van die Defensor-sekuriteitsmaatskappy. 

Defensor het na bewering 'n ongeldige belastingsklaringsertifikaat in hul tenderaansoek ingedien. Die maatskappy was ook nie by Prisa geregistreer nie. Jonkers, as rekenpligte departementshoof, mag glo ingevolge vereistes nie die tender toegeken het nie.

Forensiese ondersoeker, Trevor White, het getuig dat amptenare uit die 36 tenders net Defensor se dienste aanbeveel het.

Die Nasionale Vervolgingsgesagwoordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, het aan OFM-nuus gesê:


OFM-nuus/Charné Kemp



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.