On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-student in ouerhuis dood

───   12:52 Tue, 07 Mar 2023

Noordwes-student in ouerhuis dood | News Article
FOTO: Facebook

'n Vierdejaarstudent in Opvoedkunde van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, Mikyla Keyser, is Sondag 5 Maart in haar ouerhuis op Coligny in die Noordwes oorlede.

Volgens 'n nabye familievriend, Tewie Pieters, is sy vermoedelik geskok toe sy die strykyster se kragprop, waarvan die dop afgeval het, by die muur wou uittrek en haar hand in aanraking met die kragprop se drade gekom het. 


Sy het weens die skok agteroor geval en haar kop gestamp. Mikyla se ouers het dadelik, nadat hulle op haar afgekom het, met haar deurgejaag Klerksdorp toe. Sy is egter met hulle aankoms by die noodeenheid dood verklaar.

FOTO: Facebook

OFM-nuus/Magdel van Rensburg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.