On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vyf vas wat met vals dokumente aansoek doen vir polisieposte

───   15:59 Thu, 09 Mar 2023

Vyf vas wat met vals dokumente aansoek doen vir polisieposte | News Article

Vyf mense wat vir konstabelposte in die Noord-Kaap aansoek wou doen, is in hegtenis geneem toe dit aan die lig gekom het dat hulle vervalste matrieksertifikate ingedien het.

‘n Polisiewoordvoerder sê danksy die oplettendheid van lede van provinsiale menslike hulpbronbestuur-werwingsafdeling, wat die egtheid van die dokumente bevraagteken het, is ‘n ondersoek begin wat het gelei tot die inhegtenisname van vyf mense wat vals matrieksertifikate ingedien het.

Die Departement van Onderwys en Umalusi is genader om die sertifikate wat aan hulle voorgelê is, se egtheid te bevestig.

Die saak is daarna na die provinsiale teenkorrupsie-eenheid verwys wat gelei het tot die inhegtenisname van twee vroue en drie mans.

Die verdagtes het op 7 Maart 2023 in die Kimberley-landdroshof verskyn.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.