On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Man dood by myn in Kimberley

───   CHARNÉ KEMP 15:16 Fri, 10 Mar 2023

Man dood by myn in Kimberley | News Article
Die ingang na die Ekapa-myn se hoofkantoor in Kimberley. FOTO: Charné Kemp

’n Mynkontrakteur is vroeg Vrydagoggend by die Ekapa-diamantmaatskappy se Du Toitspan-myn in Kimberley dood nadat hy in die myn geval het.

Dit is die eerste noodlottige ongeluk in tien jaar op dié mynterrein, wat Ekapa sewe jaar gelede oorgeneem het.

Uitvoerende Hoof, Jahn Hohne, sê ’n deeglike ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is reeds aan die gang.

Hy sê dit is ’n hartseer dag vir die maatskappy, direksie en aandeelhouers.

Hy het sy simpatie aan die kollegas naasbestaandes, en vriende van die oorledene betuig.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.