On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kabeldief verbrand meer as sy vingers

───   CHARNÉ KEMP 16:25 Fri, 10 Mar 2023

Kabeldief verbrand meer as sy vingers | News Article
Die vermeende kabeldief het ernstige brandwonde opgedoen. FOTO: Verskaf

‘n Vermeende kabeldief het Donderdag sy moses teëgekom toe hy tydens die voorval in Roodepan, Kimberley, ernstige brandwonde opgedoen het.

Foto’s van sy beserings is op sosiale media versprei. Hy is intussen in die hospitaal vir behandeling opgeneem.

Die woordvoerder van die Sol Plaatje -munisipaliteit, Thoko Riet, sê die man het na bewering 'n medium Volt-kabel probeer steel, maar is in die proses geskok.

Die munisipaliteit het skade gelei wat tot 'n urelange kragonderbreking gelei het.  Dit is intussen herstel. 'n Klag van saakbeskadiging is teen hom ingedien.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.