On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Kommer oor groter wordende sinkgat in Sentraal se sportveld – VIDEO

───   LUCKY NKUYANE 17:20 Sun, 12 Mar 2023

Kommer oor groter wordende sinkgat in Sentraal se sportveld – VIDEO | News Article

’n Bloemfonteinse hoërskool moes ’n gedeelte van een van sy sportvelde afsper nadat ’n sinkgat die naweek skielik vergroot het.

’n Klein sinkgat in die Hoërskool Sentraal in Dan Pienaar se B-rugbyveld het twee weke gelede begin vorm. Charles Liversage, die skoolhoof, het die situasie dadelik aan die Mangaung-metro gerapporteer.

“Die munisipaliteit het kom ondersoek instel,” het Gerda Spies, die skool se woordvoerder, Sondag aan OFM-nuus gesê. “Sentraal wag nog vir verdere terugvoer.”


Die water wat op die bodem van die sinkgat vloei, is munisipale water.

Ná Saterdagmiddag se storm, wat met geweldige swaar neerslae gepaardgegaan het, het die sinkgat vergroot. “Die sinkgat is afgesper, sodat geen leerder naby aan die sinkgat kan kom nie,” het Spies by navraag gesê.

“Die veiligheid van ons leerders bly … ons eerste en grootste prioriteit. Die situasie word deeglik gemonitor.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.