On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap Toerisme bekroon ná harde werk

───   CHARNÉ KEMP 17:16 Tue, 14 Mar 2023

Noord-Kaap Toerisme bekroon ná harde werk | News Article
Sizwe Mbi, voorsitter van die Noord-Kaapse Toerismeraad, Sharron Lewis, uitvoerende hoof, en Kwakye Donkor, uitvoerende hoof van die African Leadership Partners. FOTO: Verskaf

Die Noord-Kaapse Toerismeagentskap is onlangs aangewys as die naaswenner uit 111 inskrywings vir sy werk om volhoubare toerisme in Afrika te bemark.

Tydens die toekenning van die Afrikatoerisme-leierskapsforum (ATLF) se jaarlikse pryse het Ghana se toerismeraad met die louere weggestap in die afdeling Voortreflike Afrikatoerisme-media-en-bemarking, met die Noord-Kaapse agentskap tweede. 

Ander wenners sluit lande, stede, hotelgroepe, organisasies, beleidmakers en entrepreneurs in.

Die agentskap het hul vennote bedank wat die provinsie en Afrika as ’n voorkeur-toerismebestemming bemark. Die bedryf het in die pandemie gestruikel, maar die verwagting is dat toeriste weer na die provinsie sal stroom.

Die Noord-Kaap bied verskeie opwindende bestemmings wat op ’n emmerskoplysie hoort.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.