On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Valke vind versteekte wapens in agterklap

───   05:47 Thu, 16 Mar 2023

Valke vind versteekte wapens in agterklap | News Article
FOTO: Twitter/@SAPoliceService

Lede van die Valke se ondersoekspan na ernstige georganiseerde misdaad het in Mahikeng in Noordwes op wapens beslag gelê wat glo tydens ‘n rooftog vroeër die maand gebruik is.

Die vuurwapens is na bewering tydens 'n rooftog op 7 Maart 2023 in die dorpie Mokgola gebruik, waarna twee verdagtes deur lede van die polisie se speurtak in hegtenis geneem is, sê kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die polisie in Noordwes.

Lede van die Valke het op 14 Maart inligting oor waar vuurwapens versteek is, opgevolg en ‘n bakkie deursoek wat aan een van die beskuldigdes behoort.

Tydens die soektog is twee 9mm Berretta-pistole, ‘n Glock 9 mm-pistool, ’n windbuks, R3050 kontant en ‘n selfoon versteek in die bakkie se agterklap gevind.

Die verdagtes, wat reeds teregstaan op aanklagte van roof, sal nou ook van die besit van ongelisensieerde wapens aangekla word wanneer hulle hul in die Zeerust-landdroshof verskyn.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.