Central SA
Buspassasiers in Ventersburg-hof verwag─── 06:59 Wed, 22 Mar 2023
Verskeie verdagtes verskyn vandag in die Ventersburg-landdroshof nadat hulle Maandag op ‘n klag van die oortreding van die Immigrasiewet in hegtenis geneem is.
Lede van die Welkom-polisie se K9-eenheid lede was besig met misdaadbekampingsoperasies in Ventersburg toe hulle 'n bus met buitelandse nommerplate by 'n stilhouplek vir vragmotors opgemerk het.
'n Woordvoerder vir die polisie in die Vrystaat, Stephen Thakeng, sê die passasiers se reisdokumente is nagegaan. 15 insittendes het nie paspoorte gehad nie en is in hegtenis geneem weens die oortreding van die Immigrasiewet. Nog 'n verdagte is vir die dwarsboming van die gereg en crimen injuria in hegtenis geneem.
