On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vier mans en vrou vas oor skape in gesteelde motor

───   16:43 Wed, 22 Mar 2023

Vier mans en vrou vas oor skape in gesteelde motor | News Article
Die polisie het vier skape is in die bagasieruim van dié Renault Clio ontdek. FOTO: Verskaf

Vyf mense is in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle met vier vermoedelik gesteelde skape in die bagasieruim van hul motor betrap is.

Die voorval het Maandag, 20 Maart 2023 op die pad na Askham, sowat 10 km buite Upington gebeur.

Vier mans en ‘n vrou, tussen 29 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Die provinsiale woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, sers. Omphile Masegela, sê die polisie het Maandag operasionele pligte uitgevoer toe hulle ingelig is oor ’n wit Renault Clio wat skape vervoer.

“Die voertuig is sowat 10 km buite Upington opgemerk en ’n hoëspoed-jaagtog het gevolg. Die voertuig is later voorgekeer en vier skape is in die bagasieruim gevind,” sê Masegela.

Nie een van die insittendes kon ‘n bewys van eienaarskap van die skape verskaf nie. Die polisie het ook vasgestel dat die Renault Clio as gesteel in Kaapstad aangemeld is.

“Die verdagtes staan tereg op aanklagte van veediefstal en die besit van gesteelde eiendom. Hulle sal na verwagting almal binnekort in die landdroshof in Upington verskyn,” sê Masegela.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.