Central SA
Twee mans in hof oor blouapie, slangvelle─── 05:45 Mon, 27 Mar 2023
Twee mans van Lehurutshe naby Zeerust in Noordwes, wat vir die aanhou van ’n blouapie en die besit van arendvere en velle van ‘n Suider-Afrikaanse luislang sonder ‘n permit in hegtenis geneem is, moet op 24 April weer in die hof verskyn.
Noordwes-polisiewoordvoerder, Kol. Adéle Myburgh, sê Tshidiso Pitso (28) en Hlompho Mary Seoehla (21) het verlede week in die Lehurutshe-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, die Dierebeskermingswet en die Immigrasiewet.
’n Multidissiplinêre span bestaande uit lede van die polisie en die Dierebeskermingsvereniging het inligting opgevolg dat 'n tradisionele geneser 'n aap aan 'n paal vasgeketting het.
Pitso en Seoehla is in hegtenis geneem vir die aanhou van ’n blouapie en die besit van arendsvere en velle van ’n Suider-Afrikaanse luislang sonder ’n permit. Die aap is na die Staatsveearts geneem vir mediese behandeling.
