On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Fotograaf uit Emfuleni-raadsaal verwyder

───   13:36 Tue, 28 Mar 2023

Fotograaf uit Emfuleni-raadsaal verwyder | News Article
Christiaan Cloete word uit die Emfuleni-raadsaal verwyder. FOTO: Verskaf

Die publiek en media is vanoggend toegang tot 'n openbare raadsvergadering van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Vanderbijlpark geweier, waar 'n mosie van wantroue teen die burgemeester, Sipho Radebe, gebring sou word.

Die plaaslike verslaggewer Christiaan Cloete het wel toestemming van 'n amptenaar ontvang om die raadaaal met sy kamera binne te gaan. 


Die Speaker van die Raad, Sibongile Soxuza, het egter daarop aangedring dat sekuriteit hom moet verwyder, omdat lede van die publiek glo nie foto's tydens raadsvergaderings mag neem nie.

Die plaaslike raadslid van die Vryheidsfront Plus, Gerda Senekal, meen egter dat die Speaker op dié manier probeer verbloem wat werklik tydens raadsvergaderings plaasvind.

OFM-nuus/Magdel van Rensburg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.