On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung-inwoners sukkel om krag te koop

───   15:52 Tue, 28 Mar 2023

Mangaung-inwoners sukkel om krag te koop | News Article
FOTO: The Free Stater

Nadat talle inwoners van Mangaung gekla het dat hulle sukkel om krag te koop is daar ’n verklaring deur die uitvoerende bemarkingsbestuurder van Centlec, Boitumelo Motshwene, uitgereik.

Daarvolgens word gemeenskapslede geadviseer dat Mangaung se kragvoorsiener, Centlec, tegniese probleme ervaar met hulle koopkragstelsel. Die probleem is glo as gevolg van ’n kragonderbreking by sy steenkoolwerf-verspreidingsentrum.

Sommige lede van die gemeenskap kan nie op hulle aanlynbankdienste krag koop nie. ’n Span tegnici is aangestel om die probleem so gou as moontlik op te los.

OFM-nuus/Zara Logan

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.