Central SA
Help vermiste kind van Kimberley opspoor─── 12:57 Wed, 29 Mar 2023
Die Gesinsgeweld- en kinderbeskermingseenheid van die Noord-Kaapse Polisiediens vra die gemeenskap se hulp om ’n vermiste kind van Kimberley op te spoor.
Veral inwoners van die Galeshewe-woongebied buite die stad word gevra vir inligting wat sal lei tot die opsporing van die 15-jarige Palesa Mokae. Sy is op Maandag 27 Maart vanjaar laas op pad skool toe gesien.
Sersant Timothy Sam van die polisie se kommunikasieafdeling sê die tiener was in haar skooluniform geklee – ’n grys rok, wit hemp en ligte blou trui – en is ’n leerder verbonde aan die Tetlanyo Hoërskool in Galeshewe.
Sam sê enige persoon wat inligting het oor waar Palesa Mokae haarself bevind, kan die naaste polisiestasie kontak of besoek waar die inligting vertroulik hanteer sal word.
