Central SA
Man van Heilbron vas oor onwettige sigarette─── 05:38 Thu, 30 Mar 2023
Die polisie het Woensdag (29/3) ‘n man (35) in Heilbron in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette.
‘n Polisiewoordvoerder, sers. Martin Xuma, sê lede van Heilbron-polisie het inligting van 'n inwoner opgevolg en ondersoek ingestel.
Die polisie het daarin geslaag om die verdagte in hegtenis te neem terwyl hy besig was om bokse onwettige sigarette af te lewer.
Verskeie bokse is gevind in die bakkie waarmee hy gery het en ná verdere ondervraging is verskeie bokse ook by sy woning gevind.
Beslag is gelê op onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R175 000.
Die verdagte sal na verwagting op Vrydag 31 Maart in die Heilbron-landdroshof verskyn.
