On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Universiteit verskerp sekuriteit nadat beendere verdwyn

───   06:51 Thu, 30 Mar 2023

Universiteit verskerp sekuriteit nadat beendere verdwyn | News Article

Die Universiteit van die Vrystaat wil sekuriteitsmaatreëls in een van sy lesingslokale verbeter nadat drie beendere van ’n geraamte tydens ‘n lesing verdwyn het.

Die universiteit se bestuur sê drie individuele beentjies van 'n geraamte het verdwyn tydens ‘n lesing wat by die Skool vir Kliniese Geneeskunde vir mediese studente in hul eerstejaar gehou is.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, sê die voorval is 'n aantal weke gelede by die polisie aangemeld, asook by ander relevante owerhede.

Die skool het 'n interne en eksterne ondersoek begin. Eerstejaarstudente is deur die skool se hoof, prof. Nicholas Pearce, oor die voorval toegespreek.

“Die universiteitsbestuur beskou die voorval in ‘n ernstige lig en het planne ingestel om sekuriteitsmaatreëls in die betrokke lesinglokaal te verbeter om die risiko van 'n herhaling van 'n voorval soos hierdie te verminder,” sê Loader.

Die rede vir die verdwyning van die drie individuele bene is onbekend. Loader het aan Netwerk24 gesê die beendere word gedroog en behandel voordat dit vir opleidingsdoeleindes gebruik word, “wat dit onwaarskynlik maak dat dit vir moetie gebruik kan word”.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.