Central SA
Vermeende kabeldiewe vasgekeer, een oorlede - FOTO's─── 15:42 Mon, 03 Apr 2023
'n Onbekende man het gesterf, en ander is vasgekeer, nadat 'n muur tydens 'n poging tot kabeldiefstal op die Mantevrede-landbouhoewes in die Vaaldriehoek meegegee het.
Dié man is met die aankoms van sekuriteitspersoneel – wat by 'n nabygeleë substasie wag gehou het en die slag gehoor het van die muur wat meegee – vasgekeer onder die muur gevind.
Hulle het ook vasgekeerdes onder die rommel om hulp hoor roep. Die nooddienste is dadelik ontbied.

Dit is die tweede kabeldiefstalpoging in die area in minder as ’n week. Twee middeljarige mans is op 1 April op dieselfde plek gearresteer. Hulle verskyn vandag in die hof in Vanderbijlpark.

