On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 2 000 ID-dokumente nog nie afgehaal

───   11:46 Wed, 05 Apr 2023

Meer as 2 000 ID-dokumente nog nie afgehaal | News Article

Duisende identiteitsdokumente moet nog by die Departement van Binnelandse Sake in Upington in die Noord-Kaap afgehaal word.

Die departement se kantoorbestuurder in Upington, Patrick Davids, sê inwoners in die streek sal baat vind by verbeterde diensleweringsplanne wat deur die departement ingestel word.

“Die meer as 2 000 onafgehaalde ID-dokumente wat by die departement se Upington-kantoor is, sal tydens mobiele besoeke aan inwoners van dorpe in die streek afgelewer word.

“Dit is van kardinale belang dat mense hulle ID-dokumente afhaal en oppas, veral omdat die dokumentasie mense van verskeie geleenthede kan verseker.”

Davids sê die departement het reeds by al die hospitale in die streek kantore ingerig waar geboorteregistrasies gedoen kan word om lang rye by die departement se kantore te vermy.

Mobiele eenhede besoek ook verafgeleë gebiede, insluitend Kakamas en Keimoes, asook Philandersbron en Rietfontein in die voormalige Mier-munisipale gebied, om die dienste van die departement aan inwoners beskikbaar te stel.

OFM-nuus/Roderick Titus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.