On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

AfriForum dreig Upington-munisipaliteit oor rioolstorting in Oranje

───   10:37 Thu, 06 Apr 2023

AfriForum dreig Upington-munisipaliteit oor rioolstorting in Oranje | News Article
Raw sewage was dumped into the Wilge River at Harrismith in the Free State last year. FILE PHOTO: Supplied

AfriForum dreig die Dawid Kruiper-munisipaliteit in die ZF Mgcawu-streek met regstappe as geen planne ingevoer word om rioolstorting in die Oranjerivier stop te sit nie.

Die burgerregte-organisasie meen die kwaliteit van drinkwater, landbou-uitvoer, sowel as gesondheid en die lewensbestaan van inwoners word bedreig.

Werner Strauss van AfriForum in Upington sê riool stroom in die Oranjerivier in ondanks verskeie pogings om die munisipaliteit te kry om die besoedeling van die rivier, waarvan duisende mense en ondernemings afhanklik is vir ’n lewensbestaan, gestop te kry.

Die organisasie Gariep Watch sê die sake wat ondersoek word teen munisipale bestuurders, is dié van Vanderkloof, Hopetown, Upington, Kakamas en Vredesvallei, asook Bloemhof, Christiana, Warrenton, Vaalharts, Jan Kempdorp en Barkley Wes langs die Vaalrivier.

Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het gereageer en erken dat riool vry vloei en dat hulle uitgrawings gaan doen om vas te stel wat bydra tot die sigbare watertafel in die omgewing van die Kalahari Mall en Duikweg. Hulle beoog om die Duikweg-rioolpompstasie voor beurtkrag leeg te pomp om te verseker dat ruimte geskep word vir die afloop van riool.

Die woordvoerder, Patrick Williams, sê hulle oorweeg  die moontlikheid van elektrisiteitsvoorsiening vanaf die Abraham ‘Holbors’ September Waterwerke na die Duikweg-rioolpompstasie as ’n potensiële oplossing vir die besoedelingsprobleem. 

Die Direkteur: Siviele Ingenieurswese, Padwald Jonker, sê hulle beskik oor bewyse dat die drinkwater in die regsgebied geskik is vir menslike gebruik. Dit het glo 64% tydens die 2022 Groendruppel-oudit behaal. 

Dié burgerregte-organisasie het reeds 11 kriminele klagte teen agt munisipale bestuurders regoor die Noord-Kaap hangend gemaak weens hul versuim om watergehalte te verseker en rioolbesoedeling te staak.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.