On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Twee van Bloemfontein kom binnekort voor oor R280 000 se aaptwak

───   08:50 Mon, 10 Apr 2023

Twee van Bloemfontein kom binnekort voor oor R280 000 se aaptwak | News Article
Die verdagtes het na bewering die daggakwekery in die agterplaas van ’n huis in Universitas bedryf. Foto: SAPD

Twee mans kom na verwagting binnekort in ’n Bloemfonteinse hof voor nadat die polisie op hulle onwettige daggakwekery toegeslaan het.

Parkweg-polisiekantoor se honde-eenheid het vroeg Saterdagoggend (8/4) op inligting gereageer oor mense wat moontlik aaptwak by ’n huis in die voorstad Universitas kweek.  

Die beamptes het twee mans (albei 27) in die huis aangetref. Met behulp van die snuffelhonde het hulle daggaplante in die agtertuin gekry, ander in potte in die huis asook in die kombuis, waar die plante verwerk is.

Beslag is gelê op los dagga met ’n geskatte waarde van R280 000 wat gevind is op die kombuistoonbank, in plastieksakke in die kombuiskaste en in houers. Die polisie het ook items gekonfiskeer wat gebruik is om die plante te verwerk en die gedrooogde produk te verpak.

Die verdagtes het na bewering ’n netjiese daggalandery in die agtertuin van die huis in Universitas aangeplant. Foto: SAPD

Die verdagtes word aangekla van onwettige handel in dagga, die kweek van dagga en oortreding van die Immigrasiewet.

Die polisie vra inwoners wat enige misdaad vermoed, moet kontak met hul naaste polisiekantoor maak of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.