On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Sewe vermeende zama-zamas in Klerksdorp aangekeer

───   12:35 Mon, 10 Apr 2023

Sewe vermeende zama-zamas in Klerksdorp aangekeer | News Article
Noordwes-polisie het beslag gelê op ’n vuurwapen en ammunisie. Foto: SAPD

’n Buitelander (28) kom na verwagting Dinsdag (11/4) in die Klerksdorpse landdroshof voor vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook oortreding van die Immigrasiewet omdat hy die land na bewering onwettig binnegekom het.

Die polisie sê hulle het hom en nog ses ongedokumenteerde mense op Goeie Vrydag (7/4) tydens ’n Veiliger Paasnaweek-padblokkade op die N12 oorkant die Matlosana Mall in Klerksdorp in hegtenis geneem.

Wetstoepassers het ’n Chevrolet-bakkie met sewe insittendes voorgekeer en vasgestel hulle is almal blykbaar onwettig in die land. Die verdagtes word daarvan verdink dat hulle ongelisensieerde myners (zama-zamas) is.

Die polisie het beslag gelê op ammunisie en ’n ongelisensieerde vuurwapen. Foto: SAPD

Die 28-jarige verdagte wat Dinsdag in die hof moet wees, het na bewering op die vlug geslaan, maar hy is gevang en deursoek. Dit was toe dat wetstoepassers ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in sy sak gekry het.

Al sewe is in hegtenis geneem, maar die polisie het nie bekendgemaak wanneer die ander ses voorkom nie.

Genl.maj. Suzette Pretorius, distrikspolisiekommissaris, loof Klerksdorp se eenheid vir sigbare polisiëring en alle ander betrokkenes vir hul flinke optrede wat tot die inhegtenisnemings gelei het.

OFM-nuus 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.