Central SA
Saamwerk vir ‘n groener toekoms─── 09:01 Wed, 12 Apr 2023
Sponsored09:01 Wed, 12 Apr 2023
Gaan groen. Wys waar jy spaar. Wees meer eko- (en vriendelik)...
At Lunch se Pulane Nel-Sekepe het met Helandi Moolman van Green & You gepraat oor volhoubaarheid. Lusiter hier:
Ons leef in ‘n wêreld wat toenemend op volhoubare besigheidspraktyke fokus. Of maatskappye dié praktyke as mooi modewoorde aanwend om gewete en gemoedere te sus, en of dit die hoeksteen van hul kernbesigheid vorm - ons elkeen het ‘n rol te speel.
‘n Volhoubare toekoms is soos die ‘groener weivelde’ waarna ons planeet en die mense daaropsmag. Die gras sal egter net groei as ons bereid is om dit nou te plant en te versorg sodat ons die ‘oes’ van ons individuele- en gesamentlike insette in die toekoms kan geniet.
Dit vereis ‘n aangepaste denkwyse. ‘n Slimmer strewe na ‘n volhoubare toekoms.
As ‘n vooruitstrewende ouditeursfirma wat volhoubare besigheidspraktyke ondersteun, erken en verstaan RAiN Chartered Accountants die druk en onafwendbare finansiële implikasies wat volhoubare praktyke vir ons kliënte beteken, asook hoe dit ons beïnvloed, selfs al is dit nie ons kernbesigheid nie.
‘n Onlangse onderhoud in gesprek met Helandi Moolman by Green & You, ‘n ‘groen’ energie verskaffer in Potchefstroom, beklemtoon die belangrikheid van volhoubare praktyke wat elkeen kan aanwend om ‘n groener lewe en verantwoordelike omgewingskeuses binne en buite die werksplek te ondersteun. Hierdie artikel fokus op hoe ons elkeen anders kan dink oor ons rol in volhoubaarheid.
Volhoubaarheid geld vir almal
Die verantwoordelikheid om ‘n volhoubare toekoms te verseker, kom nie net op enkele rolspelers af nie.
‘n Maatskappy soos Green & You het 'n groot waardering vir firmas wat, sonder dat dit hulle kernbesigheid is, belê in 'n volhoubare toekoms. Só kan ‘n firma soos RAiN Chartered Accountants op hul eie manier bydra tot 'n meer volhoubare toekoms.
Moolman meen verder dat die 'spin-off' hiervan is dat maatskappye baie keer soos die Engelse sê, "like-minded" kliënte of vennote aantrek.
Verskeie faktore dra by tot volhoubaarheid

Volhoubaarheid gaan oor baie meer as net energie. Maatskappye kan ‘n positiewe impak op die omgewing en die samelewing maak deur ander faktore soos die volgende ook in ag te neem:
Waterskaarste: dit is 'n werklikheid wêreldwyd, Suid-Afrika ingesluit. Maatskappye moet verseker dat hulle nie bydra tot die probleem nie en water verantwoordelik gebruik. Dit kan bereik word deur middel van water-effektiewe prosesse, herwinning en ander maatreëls.
Afval: 'n ander kritieke area waar maatskappye 'n verskil kan maak deur te herwin, verpakking te verminder en papier te hergebruik.
Gemeenskappe: maatskappye het 'n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskappe waarin hulle funksioneer om uiteindelik verantwoordelike en volhoubare praktyke te implementeer en vol te hou. Dit sluit die verskaffing van billike lone, veilige werksomstandighede en die bevordering van diversiteit en deelname binne die werksomgewing in. 'n Goeie voorbeeld hiervan is die 4-dag werksweek wat RAiN Chartered Accountants beoefen en hoe hulle aanpasbare opsies vir werknemers aanbied in terme van reis en die werksplek.
Voorsieningsketting: maatskappye kan ook 'n kardinale rol speel in volhoubaarheid deur ‘n volhoubare voorsieningsketting te verseker. 'n Praktiese voorbeeld is om plaaslike verskaffers te ondersteun waar moontlik.
Hou dit eenvoudig - van kleins af tot in lengte van dae
Die stryd tot volhoubaarheid hoef nie kompleks te wees nie. Inteendeel, daar is verskeie praktiese beginsels in volhoubaarheid wat ‘n 3- jarige kan leer en wat enige persoon kan implementeer.
Die sleutel is om nie net volhoubaarheid na te streef nie, maar daagliks ons deel te doen.
Jy kan, byvoorbeeld, jou kind leer om niks dood te maak wat hy/sy nie gaan eet nie. Dit het tot gevolg dat die klein peuter nou twee keer besin voor hy/sy sommer op ‘n “gogga” trap. En dan natuurlik, die ou skelm – rommel. Dis ‘n eenvoudige beginsel om agter jou op te tel en skoon te maak en die effek is noemenswaardig. Om water te spaar is eintlik ook baie eenvoudig: draai die kraan toe terwyl jy tandeborsel of hande was en hergebruik stort of -badwater vir die plante in en om jou huis.

Een persoon kan nie alles verander nie, maar almal kan ‘n aktiewe poging aanwend.
Daarom dat Green & You en RAiN Chartered Accountants in dieselfde kraal sit wat hierdie onderwerp betref. Dit is belangrik dat besighede praat oor sake wat nie noodwendig vir hulle ‘n inkomste genereer nie, maar wat tog ‘n beter toekoms vir almal ten doel het.
Moenie gras onder jou voete laat groei in die strewe na die ‘groener weivelde’ van volhoubaarheid nie.
Vat hande met kliënte en ander rolspelers om 'n meer volhoubare toekoms te bevorder en op te bou.
Volg RAiN Chartered Accountants op LinkedIn.
