On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Een van sewe ontsnaptes weer in hegtenis geneem

───   ZENANDE MPAME 16:07 Thu, 13 Apr 2023

Een van sewe ontsnaptes weer in hegtenis geneem | News Article

Die polisie se teenstropingseenheid het een van die sewe gevangenes aangekeer wat in Oktober 2022 uit die Makhanda-tronk in die Oos-Kaap ontsnap het.

Abraham Moyana (34), wat aangekla is van sameswering tot renosterstroping, het Dinsdag 11 April 2023 vlugtig in die landdroshof in Makhanda verskyn.

Moyana bly in aanhouding tot Dinsdag 18 April 2023 wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen.

Drie verdagtes is Maandag 10 April 2023 om 02:00 opgemerk waar hulle oor die heining van ’n private wildreservaat naby Makhanda gespring het.

Die teenstropingseenheid is in kennis gestel en hulle kon een van die verdagtes in hegtenis neem, maar die ander twee het gevlug.

Die verdagte was in aanhouding vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit, asook die poging om bedreigde of beskermende spesies sonder ’n permit te jag. Hy was ook in die besit van jagtoerusting

Hy is nou ook aangekla van ontsnapping en sy saak is tot 3 Mei 2023 vir verdere ondersoek uitgestel.

OFM-nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.