On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Groep spring vir fondse, sanitêre doekies

───   ZENANDE MPAME 15:19 Mon, 17 Apr 2023

Groep spring vir fondse, sanitêre doekies | News Article

#Jumping4Petals is 'n landwye geleentheid wat vir 22 en 23 April 2023 beplan is.

Die doel van hierdie inisiatief is om 10km in totaal te spring en sodoende fondse en sanitêre doekies vir vroue in veilige skuilings in te samel en om jong meisies te help om op skool te bly.

Die #Jumping4Petals-inisiatief het in 2021 begin met 30 trampolienspringers in 1 ateljee, wat 780 pakke sanitêre dovekies ingesamel het – 26 per springer.

In 2022, met tien deelnemers meer as die vorige jaar, een ateljee en 'n groter onthaalarea, is meer as 2 300 pakke sanitêre doekies met die inisiatief en veldtog van Back-a-Jumper ingesamel. Dit is gelykstaande aan 57,5 pakke per deelnemer.

Vanjaar spring hulle nasionaal op 25 verskillende plekke regoor Suid-Afrika. Meer as 300 mense sal deelneem.

Hierdie landwye geleentheid laat ook enigiemand met 'n trampolien by die huis toe om aanlyn aan te sluit en deel te neem. Sodoende dien hulle hul eie gemeenskappe direk.

Mense kan betrokke wees sonder om te spring deur ’n deelnemer te borg en R10 te skenk vir elke kilometer wat hulle voltooi. “Ons stel ons horlosies op ‘Freestyle workout’ en doen verskillende bewegings met ons arms en bene, wat in kilometers gemeet word,” het een deelnemer verduidelik.

Daar is meer as 23 ateljees wat ingeskryf is en 350 deelnemers kom van oor Suid-Afrika heen, insluitend Bultfontein, Stellenbosch, Somerset-Wes, Alberton, Sinoville, Parkrand, Akasia, Delville, Fairland, Benoni, Lambton, Sasolburg, Dalview, Brakpan, Richardsbaai, Gqeberha, Edenvale, New Castle, Pietermaritzburg, Boksburg, Centurion, Kempton Park en Bryanston.

Woordvoerder van die #Jumping4Petals-inisiatief, Dillon Lerm, sê hulle is opgewonde oor vanjaar se geleentheid en dat 350 springers gaan deelneem.

“Ons het nie 'n teiken vir die sanitêre doekies nie want enigiets is moontlik. Ek het nooit gedink dat ek as 'n 41-jarige man so opgewonde sou wees oor sanitêre doekies nie,” het hy geskerts.

Die #Jumping4Petals-inisiatief is om hoop te gee aan vroue in skuilings deur hulle by te staan en om te help om jong meisies op skool te hou.

OFM-nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.