Central SA
LUISTER – SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 1─── 10:00 Tue, 18 Apr 2023

Ons is in ’n misdaaddoolhof en Suid-Afrika is op die gevreesde gryslys geplaas omdat nie genoeg gedoen word om geldwassery te voorkom nie. Ons volg die geldspoor deur dié doolhof, op soek na die waarheid in die sage oor Thabo Bester se ontsnapping.
In die eerste episode ondersoek ons die werklike identiteit van hierdie meestermisdadiger, wat met 'n gekspul uit 'n gevangenis met beloofde maksimum sekuriteit ontsnap het.
Wie is Thabo Bester en hoe het hy onder wetsgehoorsames se radar beweeg en hulle uit miljoene bedrieg?
(Hierdie episode is saamgestel met inligting verkry uit verskeie openbare nuusbronne, asook argiefklank van eNCA, EWN en SABC.)