Central SA
Brandgevaar, warm weer vir Kakamas voorspel─── 14:17 Wed, 19 Apr 2023
Die polisie in Kakamas vra inwoners om uiters versigtig te wees met die maak van oop vure, om direkte bloodstelling aan die son te vermy, en gereeld vloeistof te drink.
Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n waarskuwing uitgereik het vir die gevaar van wegholveldbrande in groot dele van die ZF Mgcawu-distrik.
Konstabel Itumuleng Mahura sê mense in die omgewing maak gereeld vure en met die komende winter en die winderinge toestande kan dit gevaarlik raak.
Die weerdiens waarsku teen wegholveldbrande en uitermatige warm toestande in die Kai !Garib Munisipaliteit, asook Dawid Kruiper, insluitend Nama Khoi, Kamiesberg, Siyathemba, Kareeberg en Unbunti, asook die Sentrale Karoo en die Kannaland Munisipaliteit in die Wes-Kaap, sowel as die Sarah Baartman Streeksmunisipaliteit, Inxuba Yethemba, Raymond Mhlaba, Enoch Mgijima en die Emalahleni Munisipaliteit in die Oos-Kaap.
