Central SA
LUISTER – SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 2─── 10:00 Tue, 25 Apr 2023

Ons stap deur Suid-Afrika se misdaaddoolhof op Thabo Bester se geldspoor. Het die glansdokterpreneur dr. Nandipha Magudumana sy beweerde miljarde nagejaag?
Gee sy nuwe betekenis aan die term “slay queen”? Het geld, aansien en haar status op sosiale media haar oordeelsvermoë vertroebel?
Of is sy ’n slagoffer van die Stockholm-sindroom en het sy weens vrees vir haar familie se lewe, haar oënskynlik perfekte lewe op die spel geplaas om ’n meestermisdadiger te help ontsnap uit ’n maksimum-gevangenis?
Erger nog, hoe belowe ’n jong vrouedokter as mediese student met ’n weergawe van die Hippokratiese Eed om niemand te na te kom nie, maar eis later lyke op en raak na bewering soos vullis daarvan ontslae?
In die volgende aflewering kyk ons na hierdie glanspaartjie se slenters en hoor ons die oud-gevangene Gayton McKenzie se opinie – dat Bester en dr. Nandi binnekort vermoor sal word.
(Hierdie episode is saamgestel met inligting verkry uit verskeie openbare nuusbronne, asook argiefklank van eNCA, Twitter en Kati Morton se YouTube-kanaal.)
Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35