On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Man lank tronk toe vir veediefstal

───   11:12 Tue, 25 Apr 2023

Man lank tronk toe vir veediefstal | News Article
PHOTO: Twitter/SAPS

’n Man van Richmond in die Noord-Kaap kry tronkstraf van 15 jaar vir die steel van skape.

John Bamm van Richmond in die Noord-Kaap is in die streekshof 15 jaar tronkstraf opgelê vir veediefstal.

Hy is op Saterdag 16 Julie 2022 in hegtenis geneem vir die diefstal van 48 skape ter waarde van R755 000 van die plaas Ongersfontein in Richmond.

Die polisiewoordvoerder Timothy Sam sê die beskuldigde het die kamp se slot oopgebreek waar die skape aangehou is.  

’n Lid van die gemeenskap het die polisie gekontak wat hom op heterdaad betrap het.

Polisiebevelvoerder in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit, Nomana Mtukushe, het die speurtak en die gemeenskap bedank vir hul samewerking.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.