On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Ontec gaan elektrisiteitsmeters in Sol Plaatje-munisipaliteit toets

───   15:00 Tue, 25 Apr 2023

Ontec gaan elektrisiteitsmeters in Sol Plaatje-munisipaliteit toets   | News Article

Die Sol Plaatje Munisipaliteit sê geen eenhede elektrisiteit sal verloor word, terwyl ’n oudit van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters gedoen word nie.

Die woordvoerder Thoko Riet sê die oudit is belangrik om te verseker dat alle STS-meters se sagteware opgedateer is voor die sperdatum volgende jaar.            

Daar sal ook gekyk word dat die meters behoorlik werk en dat daar nie met die meters gepeuter is nie.

Die munisipaliteit het beklemtoon dat geen elektrisiteit wat reeds gekoop is, sal verval nie.  

Die private maatskappy Ontec is gekontrakteur om dit namens die munisipaliteit te doen, maar hul werkers sal behoorlik geïdentifiseer word.

Riet sê streng Covid-19-maatreëls sal nagekom word, en inwoners word gevra om hulle toegang tot die meters te gee.  

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.