On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Gewese polisieman van Noord-Kaap skuldig aan regsverydeling

───   11:23 Wed, 26 Apr 2023

Gewese polisieman van Noord-Kaap skuldig aan regsverydeling | News Article

’n Voormalige polisieman Sebastian Johnson is in die streekshof in Kimberley skuldig bevind op ’n aanklag van regsverydeling.

Die Valke se woordvoerder, Tebogo Thebe, sê Johnson is in April 2021 in hegtenis geneem. 

Johnson is uitgewys as die persoon wat polisie-inligting aan dwelmsindikate verskaf het. Sy selfoonrekords het hom ook positief met die misdaad verbind

Thebe sê daar is ook foto’s op sy selfoon gekry van vertroulike polisiedokumente. Hy sal weer op 1 Junie in die hof verskyn vir vonnisverrigtinge.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.