On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley begin weer sprankel

───   CHARNÉ KEMP 06:45 Fri, 28 Apr 2023

Kimberley begin weer sprankel | News Article
? Skoonmaakspan het Woensdag in Beaconsfield langs die spoorlyn gewerk om gras en bome van sypaadjies te verwyder/FOTO: Charné Kemp.

Besoekers aan die Absa Wildeklawer-sportbyeenkoms waarin byna 5000 atlete, afrigters en organiseerders en derduisende toeskouers van vandag tot Maandag op Kimberley toesak, behoort te sien dat die stad skoner as voorheen is.

Die afgelope weke het die stof gewaai en die langgras gespat soos die gebied om die Honoured Dead Memorial en omliggende gebiede skoongemaak is.

So sê Thoko Riet, Sol Plaatje-munisipale woordvoerder en Crystal Robertson, woordvoerder van die departement van openbare werke.

Riet het hierop uitgebrei en gesê die departement en munisipaliteit snoer kragte saam en het die afgelope jaar die stad en woongebiede in ? meer georganiseerde wyse skoongemaak.

Sy sê hulle wou verseker dat besoekers dié naweek beïndruk sal wees met hoeveel skoner die stad is. “Ons bring die sprankel terug.”

Voorheen het die munisipaliteit gesukkel met min permanente werkers en toerusting om parke, begraafplase, sypaadjies en middelmanne skoon te hou. Intussen het die parke-afdeling groot besighede genader om Phoebe Loff van Phoebe Cleaning Propect, ? niewinsgewende organisasie, te betaal om munisipale werkers te help skoonmaak. Loff neem werklose mense in diens wat werklik wil werk en geld verdien om hul lewensomstandighede te verbeter. Haar span bestaan uit meer as 20 mense van wie sommiges reeds jare saam met haar werk.

“Intussen het ons ook met die departement se uitgebreide openbare werke-program (EPWP) begin saamwerk. Dit werk uitstekend. Die werkers word in spanne opgedeel wat gelyktydig skoonmaak. Gras word gesny, bossies gekap en strate skoongevee.

“Die abnormale hoe reënval die afgelope somer het ons egter gekortwiek. Die gras het geweldig gegroei. Met die koms van die winter kan ons meer voorbly. Ons sal ook meer onkruiddoder gebruik om grasse en onkruid te beheer. Ons is veral trots op hoeveel skoon die Weseinde-begraafplaas deesdae is, hoewel die werk nog nie klaar is nie. Baie bosse en bome is in Beaconsfield uitgehaal. Die ingangsroetes na die stad lyk veel beter.”

Riet het vrywilligers en privaatorganisasies versoek om saam met die munisipaliteit op skoonmaakprojekte te werk. Daar is ordonansies wat toelaatbare werkswyses bepaal oor watter soort plante byvoorbeeld geplant mag word. “Hoewel mense dit goed bedoel kan hulle nie sommer enigiets plant nie, want dit kan ? onkruid of verbode spesies wees.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.