Central SA
Wildeklawer gee geleenthede aan almal─── CHARNÉ KEMP 21:08 Fri, 28 Apr 2023
Was dit nie vir die Wildeklawer Skolesportakademie op Barkly-Wes nie, sou leerlinge van verskillende skole op die dorp nie die geleenthede gehad het om hul sporttalente te slyp en akademiese prestasie te verbeter nie.
Die Akademie se sokker-, rugby- en netbalspanne neem vanjaar soos voorheen aan die Absa Wildeklawer-sporttoernooi in Kimberley aan die Uitnodigingstoernooi vir Noord-Kaapse skole in 0.13- en 0.19- afdelings deel.
Een van die 0.19-netbalspelers van die Wildeklawer-span, Whitney Fritz, is ? doelskieter. Sy sê die sportsoort help haar om van haar frustrasies en emosie ontslae te raak. “As mens jouself nie in woorde kan uitdruk nie, kan jy dit in sport doen. As jy goed speel en ? goeie verhouding met spanmaats opbou, is dit wonderlik.
“My suster het ook voorheen by die Wildeklawer Skolesportakademie gespeel. Ek wil graag volgende jaar onderwys studeer waar ek aan die varsity-netballiga wil deelneem. My mikpunt is om eendag vir die Suid-Afrikaanse nasionale netbalspan te speel.”
Felis Arif, een van die afrigters, het ook op skool vir die Wildeklawer-netbalspan gespeel. “Deur netbal het ek plekke gesien en mense ontmoet wat ek nooit andersins sou nie. Ek het soveel geleer, en my selfvertroue verbeter. Ek was die korste speler in die span, maar dit het my nie teruggehou nie. Ek leer die spelers dat spoed, fiksheid en ‘n oog op die bal die geheim van ? goeie speler is. Jy hoef nie lengte te hê om te presteer nie, die sport vereis dat jy vinnig en rats is.”
Sy geniet dit baie om af te rig. “Aneka Fick hoofafrigter en organiseerder help my om die spelers af te rig.”
Die 0.19-netbalspan is die verdedigende kampioene in die Wildeklawer Uitnodigingsreeks en in die Noord-Kaapse skole B-liga wat volgende week begin.
Fick sê dit gaan baie goed met die akademie se sportspanne en sy is trots op die spelers se verdere prestasies. “Van ons gewese rugbyspelers speel nou in die Varsitybeker rugby en vir provinsiale rugbyspanne. Ons 0.19-sokkerspan speel ook in die plaaslike sokkervereniging (LFA) se plaaslike liga teen volwasse spanne.”
Die Wildeklawer Skolesportakademie wat al meer as 12 jaar bestaan het oor die jare heen vele kinders se selfvertroue en lewensgehalte verbeter deur hulle afrigting in sokker, rugby en netbal te gee.
Die akademie is deur Louis en Cora de Kock, eienaars van die Wildeklawer-landgoed buite Barkly-Wes gestig met die doel om kinders geleenthede te bied om hul toekomsvooruitsigte te verbeter.
OFM-nuus
