Central SA
Hof staan borgtog toe aan takbestuurder van Poskantoor─── 09:11 Sat, 29 Apr 2023

? Voormalige takbestuurder van die Poskantoor in Delareyville in Noordwes het gister (28/4) in die landdroshof op die dorp verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery en is borgtog van R10 000 toegestaan.
eginah Kefilwe Tshabalala (37) moet weer op 26 Mei in die hof verskyn waar die saak na die hof vir gespesialiseerde handelsmisdade oorgeplaas sal word.
Tshabalala is beveel om nie met getuies kontak te maak nie, haar paspoort in te handig en elke Maandag tussen 06:00 en 18:00 by die naaste polisiestasie aan te meld.
Tshabalala is op Dinsdag 26 April deur die Valke in hegtenis geneem en word van 68 aanklagte van bedrog en 68 van geldwassery van meer as R1,2 miljoen aangekla.
LEES OOK: Post Office worker in court for fraud
Daar word beweer dat die sy tussen 2020 en 2022 op bedrieglike wyse toegang tot die Poskantoor se betalingstelsel sowel as die betalingstelsel van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) verkry het.
Sy het glo voorgegee dat sy betalings en oorplasings namens klante en begunstigdes van die Poskantoor en Sassa gedoen het, maar het na bewering geld na twee van haar eie Poskantoorrekeninge oorplaas.
Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, sê die ondersoek na die saak is afgehandel en die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan.