Central SA
LUISTER – Sel 35: Die Thabo Bester-storie - Episode 3─── 07:40 Wed, 03 May 2023

In die eerste twee aflewerings van Sel 35 het ons die hoofkarakters beter leer ken. Nou hoor ons ’n oud-gevangene se voorspelling van die verdere verloop van die Thabo Bester-storie.
Die gewese Grootvlei-gevangene en nou politikus Gayton Mckenzie voorspel dié paartjie sal vermoor word om die waarheid toe te smeer. Hy haal ter illustrasie ’n gesegde aan – “dead people tell no tales”.
’n Nuwe wending in Bester se opspraakwekkende ontsnapping behoort niemand meer te verbaas nie. E-Blockwatch-stigter en misdaad-ontleder, André Snyman, sê Bester was so ver terug as 2021 al uit die tronk.
Dit verklaar ook waarom dr. Nandi al in November 2021 opgehou het om hom in Bloemfontein te besoek. Snyman het gesê Bester het dus in Mei 2022 slegs teruggekeer na die maksimum-gevangenis om sy eie bedrieglike branddood in sel 35 te laat uitspeel om sy fynbeplande vryheid finaal op te eis.
(Hierdie episode is saamgestel met inligting en argiefklank verkry van verskeie openbare nuusbronne, soos GroundUp, Celeb News, ZiMoja, The Citizen, Times Live, IOL, The South African, asook YouTube en Twitter.)
Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35