On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Ná ses jaar is man byna genees van rare veltoestand

───   HEIDRÈ MALGAS 11:25 Wed, 03 May 2023

Ná ses jaar is man byna genees van rare veltoestand | News Article
Willie Braak van Potchefstroom is met vratagtige porokeratose gediagnoseer. FOTO: Verskaf

’n Man van Potchefstroom het jare lank gesukkel met ’n rare veltoestand totdat ’n barmhartige Samaritaan haar oor hom ontferm het.

Willie Braak het agter ’n sonbril probeer wegkruip, terwyl hy handgemaakte kruisies by ’n verkeerslig verkoop het om aan die lewe te bly.

Braak is met vratagtige porokeratose gediagnoseer. FOTO: Verskaf

Danksy die hulp van dr. Suzanne Mulder van Potchefstroom kon ’n dermatoloog van Stellenbosch hom help. Vratagtige porokeratose is by hom gediagnoseer. Dit is ‘n rare veltoestand wat veroorsaak word deur baie son en ’n swak dieet. 

“Ek het dit nie as kind gehad nie, maar dit het skielik in my dertigs begin. Ek het vir jare daarmee gesukkel,” sê Braak.


Braak is 99,5% gesond. FOTO: Verskaf

Hy was lank haweloos omdat dit sy hande so erg aangetas het dat hy nie meer kon werk nie.

“Die dokters het my kom sien, biopsies gedoen en my behandel. Ek het omtrent 18 maande behandeling gekry. Binne ses maande kon ons die eerste verbetering sien,” sê hy.

“Ek was in ‘n stadium soos ‘n stokmannetjie gewees wat nie kon werk nie. Dit het my hele lewe geaffekteer. Iemand het ons gelukkig ook gehelp om van die straat af te kom.”

Hy sê dit was baie seer en het vreeslik gejeuk. Dit het hom egter ook geestelik geknou, omdat mense hom sleg gesê, gevloek en geskel het. Dit was vir hom nie ’n lekker tyd in sy lewe gewees nie.

Braak se vel lyk baie beter.  FOTO: Verskaf

“Ek het altyd gewonder wat hierdie veltoestand is en het ses jaar daarmee gesukkel voordat iemand my kon help,” sê Braak.

Hy is byna 99,5% gesond en sy vel lyk baie beter.

Braak help sy woonstelmaat om borde en tekens vir ondernemings in Potchefstroom te maak, asook plakkers vir motors of wat ook al die kliënte benodig.

OFM-nuus/Heidré Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.