Central SA
Wie gaan Mej. Upington Skoukoningin wees?─── HEIDRÈ MALGAS 11:13 Thu, 04 May 2023
Mej. Upington Skoukoningin word vandag gekroon.
Dit is weer tyd vir die landbouskou in Upington en een van die hoogtepunte waarna almal uitsien is die kroning later vandag van Mej. Upington Skoukoningin.
Drie vroue gaan gekroon word en daar gaan ook topvermaak wees.
Suzaane Goosen, hooforganiseerder, sê die geleentheid bestaan al 34 jaar en dat die kompetisie aangebied word om jong mense te wys dat hulle waardig is. Dit bied ook aan hulle ’n platform om hulself te vind.
Hierdie jaar is ekstra spesiaal omdat elkeen van die tien finaliste ’n prys kry en nie net die drie topwenners nie.
