On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Miljoene se onwettige sigarette in gastenkwa gekry

───   HEIDRÈ MALGAS 12:45 Thu, 04 May 2023

Miljoene se onwettige sigarette in gastenkwa gekry  | News Article
Die ironie in die "No Smoking"-waarskuwing wat op die vragmotor geverf is ... FOTO: Verskaf

Die Valke het op ’n wenk reageer en onwettige sigarette van R7,8 miljoen in ’n gastenkwa gekry.

’n Vragmotorbestuurder (49) sal Vrydag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn op aanklag van die smokkel van onwettige sigarette ter waarde van meer as R7,8 miljoen.

Die woordvoerder van die Valke, Tlangelani Rikhotso, sê die brandstoftenkwa is op 3 Mei 2023 op pad vanaf Buffelshoek na Potchefstroom opgemerk.

Die vragmotor is voorgekeer en deurgesoek. Daar is op 482 groter kartonhouers met 50 kartonne onwettige Chelsea-sigarette in elk beslag gelê. Die man is deur die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in hegtenis geneem.

Die gastenkwa waarin onwettige sigarette gesmokkel is. FOTO: Verskaf

“Die Valke het inligting opgevolg oor 'n groot besending onwettige sigarette wat in 'n gastenkwa vervoer is,” sê Rikhotso.

Nog 109 kartonhouers met 25 kartonne sigarette is in ’n ander kompartement gevind.

Die Valke het op R7,8 miljoen se onwettige sigarette beslag gelê. FOTO: Verskaf

Die man sal ook teregstaan op die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns, Wet 91 van 1964.

OFM Nuus/Heidre Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.