On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Tienerseun van Noord-Kaap van moord aangekla

───   ZENANDE MPAME 07:30 Sat, 06 May 2023

Tienerseun van Noord-Kaap van moord aangekla | News Article

’n Tienerseun van Galeshewe in die Noord-Kaap doen Maandag om borgtog aansoek nadat hy die afgelope week van moord aangekla is ná die dood van ’n 16-jarige seun.

Die polisiewoordvoerder Timothy Sam sê die 18-jarige seun het met ’n vrou gestry wat naby hom woon.

"Hy het huis toe gehardloop om ’n mes te kry, maar toe 'n seun vermoor wat voor sy huis gestaan het," sê Sam. 

Jermaine Long is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het Dinsdag 2 Mei 2023 in die landdroshof in Galeshewe verskyn waar die saak tot Maandag 8 Mei vir ’n formele borgtogverhoor uitgestel is.

Long het ook Vrydag 5 Mei in dieselfde hof verskyn vir ’n ander aanrandingsaak.

OFM Nuus/Zenande Mpame


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.