On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Drie weer in Junie in hof weens beweerde tenderkorrupsie

───   07:30 Sat, 06 May 2023

Drie weer in Junie in hof weens beweerde tenderkorrupsie  | News Article
Die voormalige munisipale bestuurder en vorige leier van die EFF in die Noord-Kaap, Nevie Aubrey Baartman. FOTO: Verskaf

Die voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi Munisipaliteit in Springbok, Nevie Aubrey Baartman, en sy medebeskuldigde, Zihaadt "Hangkas" Cloete, het vandeesweek in die handelshof verskyn.

Die woordvoerder van die munisipaliteit, Nonthandazo Mnisi, sê dit hou verband met beweerde tenderkorrupsie van ongeveer R80 miljoen.  

Die staat en verdediging het albei hul slotbetoë gelewer en die saak is tot 12 Junie 2023 vir die uitspraak uitgestel.

Die staat sê dat Maralise Lunnette Cloete (38) en haar eksman, Zihaadt Ismial Cloete (41), direkteure was van die konstruksiemaatskappy, MPG Construction.

Die munisipaliteit het die maatskappy se tender in 2013 aanvaar.  

Die staat beweer in dié stadium was Baartman bevriend met die Cloete-egpaar en die munisipale bestuurder.

MPG Construction sou oor drie jaar randstene en plaveisel in die strate van Springbok gelê het.
Die staat beweer ook, dat die maatskappy nooit aan die voorgeskrewe vereistes of verkrygingsprosesse voldoen het nie.

Mnisi sê die Valke het die saak oorgeneem en klagte van bedrog is teen die drie en die maatskappy as ’n regsentiteit aanhangig gemaak.

Maralise is intussen onskuldig bevind omdat die hof haar nie daarmee kon verbind nie.
Die vroue-aktivis Maria April van Springbok, sê die uitspraak kan nou in die guns van die twee beskuldigdes draai, nadat die hof die partye se slotbetoë aangehoor het.

Sy meen die verdediging se regsverteenwoordiger het hom Woensdag 3 Mei 2023 goed van sy taak gekwyt.

*Baartman is ’n nasionale bestuurderslid van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en was die vorige provinsiale leier van die EFF in die Noord-Kaap.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.