On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Polisie neem dwelmhandelaar in hegtenis

───   HEIDRÈ MALGAS 08:10 Sat, 06 May 2023

Polisie neem dwelmhandelaar in hegtenis | News Article

’n Verdagte is in Thembalihle, by Vrede in die Vrystaat, deur die Thabo Mofutsanyana-polisie se distrikstaakspan met ’n aansienlike bedrag kontant en dagga aangekeer.

Volgens polisiewoordvoerder Mmako Mophiring het die polisie se misdaadbekampingseenheid Donderdag (4/5) diens gedoen in Thembalihle, toe hulle verdagtes ondervra het wat dagga gerook het. 

“Hulle is ondervra en het die beamptes na 'n woning verwys waar dagga glo verkoop word.

“Die span het by dié huis dagga met 'n geraamde straatwaarde van R170 000 en 'n onbekende bedrag kontant gevind,” het Mophiring gesê.

Die verdagte (40) word van dwelmhandel aangekla en sal na verwagting Maandag (8/5) in die Vrede-landdroshof verskyn.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.