On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Charles III se Britse kroning eerste sedert 1953

───   08:41 Sat, 06 May 2023

Charles III se Britse kroning eerste sedert 1953 | News Article
FOTO: Twitter/@RoyalFamily

Charles III sal Saterdag as koning gekroon word tydens 'n plegtige Christelike seremonie met 1 000 jaar se geskiedenis en tradisie as agtergrond.

Die kroon, genaamd St Edward's Crown, is van soliede goud en is in Britanje ’n heilige simbool van die gesag van die monarg, wat slegs een keer in hul bewind gebruik word. Dit sal om 1100 (GMT) op Charles se kop geplaas word terwyl uitroepe van "God Save the King" sal opklink.


Trompetgeskal sal deur Londen se Westminster Abbey opklink en seremoniële geweersalute sal oor land en see blaas om die eerste kroning van 'n Britse monarg sedert 1953 te vier - en slegs die vyfde sedert 1838.

Die hertog, wie se familie sedert 1483 staatsgeleenthede gereël het, het gesê die kroning is ook 'n kans om Brittanje en die Statebondsgroepering van 56 lande, waarvan Charles ook die hoof is, te verenig. 


Kerkklokke sal ter viering van die kroning regoor die land lui, met soldate wat te voet en te perd 'n militêre parade deur die strate van Londen sal hou.

Koning Charles en sy vrou Camilla, wat as koningin gekroon sal word, sal terugkeer na Buckingham-paleis in die Gold State Coach, verby groot skares, voordat hulle vanaf die balkon 'n seremoniële verbyvlug sal waarneem.

Die kroning – slegs die tweede wat op televisie uitgesaai sal word en wat aanlyn gevolg kan word - is die godsdienstige bevestiging van Charles (74) as koning. Hy was sedert die dood van sy ma, koningin Elizabeth II, in September verlede jaar koning, ná sewe dekades as haar opvolger.

Die hertog, wie se familie sedert 1483 staatsgeleenthede gereël het, het gesê die kroning is ook 'n kans om Brittanje en die Statebondsgroepering van 56 lande, waarvan Charles ook die hoof is, te verenig.


Nie almal is egter in die bui om fees te vier nie. Teenstanders, wat 'n verkose staatshoof wil hê, beplan om op die dag te betoog met tekens wat verklaar "Nie my koning nie".

Jonger mense sê ook die kroning – en die monargie in die algemeen – laat hulle koud, volgens peilings.

OFM Nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.