Central SA
Bester se brandslagoffer ter ruste gelê─── 07:08 Sun, 07 May 2023
Die man wie se verkoolde liggaam in die ontsnappingskomplot van die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester in die Mangaung- korrektiewe sentrum misbruik is, sal Sondag in Mangaung in Bloemfontein ter ruste gelê word.
Katlego Bereng Mpholo se identiteit is meer as twee weke gelede bevestig ná 'n DNS-toets met dié van sy ma ooreengestem het.
Vrae oor hoe presier hy werklik gesterf het en hoe sy liggaam in Bester se tronksel beland het, moet nog beantwoord word.
LEES OOK – Thabo Bester: Bereng family receives remains, asks space to grieve
Luidens 'n nadoodse verslag is hy dood weens ’n hou teen die kop met ’n stomp voorwerp, en nié weens die brand in Bester se tronksel nie.
Bereng (32) het in Maart verlede jaar verdwyn. Bester se ontsnappingskomplot is in Mei verlede jaar uitgevoer.
Intussen het die LUR vir Gesondheid in die Vrystaat, Mathabo Leeto, aan Bereng se familie gesê die departement is besig met interne ondersoeke om vas te stel hoe sy liggaam in die verkeerde hande beland het.

Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35
Bereng se liggaam is uit die regering se lykshuis aan iemand oorhandig wat nie aan hom verwant was nie en ook nie gemagtig was om die liggaam te ontvang nie.
Sy se begrafnis sal Sondagoggend om 08:00 in die Leslie Monnanyane-saal begin.
