On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrou van Sasolburg in Junie vir bedrog gevonnis

───   ZENANDE MPAME 10:36 Mon, 08 May 2023

Vrou van Sasolburg in Junie vir bedrog gevonnis | News Article

Mareli Vogel (58) van Sasolburg sal op 1 Junie weet wat haar vonnis vir bedrog sal wees.

Vogel, wat die maatskappy waarvoor sy gewerk het uit R2,5 miljoen bedrieg het, sal op 1 Junie 2023 in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof vir vonnisoplegging verskyn.

Vogel was GP Control Valves & Engineering se finansiële bestuurder en het van 2014 tot 2020 die geld deur bedrieglike transaksies gesteel.

Sy is sedert September 2021 in aanhouding en op 16 Maart 2023 is sy skuldig bevind op 1 116 aanklagte van diefstal.

Die Valke se woordvoerder, Fikiswa Matoti, sê ondersoeke na Vogel het begin toe die eienaar van die maatskappy deur Absa in kennis gestel is van 'n groot bedrag kontant wat op 24 Desember 2019 uit die maatskappy se rekening onttrek is.

“In ’n interne ondersoek het dit uitgekom dat Vogel die enigste persoon in daardie stadium was wat toegang tot die maatskappy se aanlyndienste gehad het. Sy het op ’n bedrieglike wyse die geld na haar persoonlike rekening oorgeplaas,” sê Matoti.

OFM Nuus/Zenande Mpame


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.