Central SA
Sadou bekommerd oor beurtkrag-chaos in skole─── 12:15 Thu, 11 May 2023
Sadou is van mening dat beurtkrag ’n negatiewe uitwerking op onderwysers en leerlinge het, wat betref hul beplanning en studies.
Die Streeksvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit, Rudi van Zyl, sê hulle is ontsteld oor die skade wat kragonderbrekings in skole veroorsaak.
Van Zyl sê Sadou is van mening dat beurtkrag ’n negatiewe uitwerking op onderwysers en leerlinge het, wat betref hul beplanning en studies. Hy sê hulle stem nie saam met die huidige kragsituasie nie, maar waardeer die pogings wat aangewend word om dit te probeer oplos.
Die verwoestende uitwerking van beurtkrag sal nog lank in die onderwyssektor gevoel word.
Dit het ook ’n negatiewe invloed op gesondheidsdienste, munisipaliteite en polisiekantore, omdat hulle nie dienste kan lewer nie.
Hy sê skole op die platteland trek aan die kortste ent wat akademie betref omdat hulle nie kragopwekkers en sonpanele kan bekostig nie.
