On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Rioolstorting dreig om Oranjerivier verder te besoedel

───   14:59 Thu, 11 May 2023

Rioolstorting dreig om Oranjerivier verder te besoedel | News Article

Die DA plaas druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit om dringend te keer dat ’n rioolstorting die Oranjerivier verder besoedel.

Die DA plaas druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit om dringend te keer dat ’n rioolstorting die Oranjerivier verder besoedel.

Rioolvuil kom al vier jaar voor in die nywerheidsgebied in Upington. 

Dit is nou al so erg dat dit gesien en gehoor kan word in die mangate wat verstop is. Dit het ’n “rivier” gevorm wat van agter Nelson Mandela-rylaan af loop, verby CTM, agter Midas tot by die treinbrug wat onder Schröderstraat vloei, in Steenbokstraat en dan op die perseel van Africa River Lodge en in die rivier.

Die stank is so erg dat die eienaar nie meer besprekings of dagbesoekers kan toelaat nie. Dit is ’n risiko vir mense se gesondheid en ’n bedreiging vir die omgewing.

Die DA is veral bekommerd dat dit die Noord-Kaap se hoofwaterbron, die Oranjerivier, verder sal bedoel. Dit kan op sy beurt weer die toerismebedryf benadeel, asook die verskaffing van water vir besproeiing.

Sedert Augustus 2022 het die DA drie keer saam met die Direkteur van Siviele Dienste en een keer saam met die Munisipale Bestuurder na die lekplekke gegaan. Ons is meegedeel om geduldig te wees dat die probleem binnekort opgelos sal word.

Die munisipaliteit het die rioolnetwerk in Paballelo, Rosedale en by die rioolaanleg oor die laaste drie jaar opgegradeer, maar niks is aan die rioolinfrastruktuur in die dorp gedoen nie. Naby die Kalahari Mall is daar al maande ’n probleem wat nog nie herstel is nie.

Die DA doen ’n beroep op belanghebbendes dat daar dringend ingegryp word.  Die party het ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien, asook briewe gestuur aan onder meer die  Departement van Water en Sanitasie, die LUR van Omgewing, die Groen Skerpioene en die Premier.

Die volgende stap sal wees om ’n strafregtelike klagte teen die munisipaliteit, asook die provinsiale en nasionale departemente aanhangig te maak.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.