Central SA
Departement veroordeel mesaanval by Noord-Kaapse skool─── 06:47 Fri, 12 May 2023
Die Departement van Onderwys in die Noord-kaap sê boelies se gedrag by skole is 'n bron van kommer.
Woordvoerder Sydney Stander sê die voorval waar leerders mekaar met skerp voorwerpe aangeval het by die AJ Ferreira Hoërskool word ten sterkste veroordeel.
Stander voeg by hoewel geen formele verslag nog van die skoolhoof ontvang is nie, kan die departement nie sulke gedrag aanvaar nie.
Stander sê sodra ‘n volledige verslag ontvang is, sal die Departement saam met ander belanghebbendes ingrypingsmaatreëls aankondig, en seker maak dat soortgelyke gevalle nie weer by die skool afspeel nie.
Hy voeg by die gemeenskap, tesame met die departement, het ‘n verantwoordelikheid om seker te maak dat skole plekke van veiligheid vir leerders én onderwysers bly.
OFM-nuus/Roderick Titus
