On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kwesbare mense aangeraai om griepinspuitings te kry

───   13:06 Fri, 12 May 2023

Kwesbare mense aangeraai om griepinspuitings te kry | News Article
FILE PHOTO

Die Departement van Gesondheid in die ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit doen ’n beroep op kwesbare inwoners om ’n griepinspuiting voor die winter te kry.

Dit is veral belangrik vir diegene ouer as 60 jaar, swanger vroue en vir mense met chroniese siektes.

Riqelle Malgas van die Progress Clinic buite Upington sê meeste mense herstel binne die eerste week van die meeste simptome. Daar is egter jaarliks meer as 11 000 mense wat in Suid-Afrika aan die virussiekte sterf en 650 000 wêreldwyd.  

 Riqelle Malgas

Die farmaseutiese maatskappy Sanofi het Dinsdag bekend gemaak dat 50% van Suid-Afrikaners wat ernstige griep opdoen in die hospital opgeneem word.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê dit is veral gevaarlik vir swanger vroue – selfs tot twee weke nadat hulle geboorte gegee het – kinders jonger as twee jaar, oorgewig mense, asook dié wat long- en hartprobleme het.

Malgas sê seisoenale griep se simptome is koors, hoes, spier- en gewrigspyn en ’n seerkeel.

OFM Nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.