Central SA
UV koorleier verteenwoordig Suid-Afrika op die wêreldverhoog─── 10:23 Sat, 13 May 2023
Werner Stander, koorleier van die Universiteit van die Vrystaat, het onlangs teruggekeer van die Wêreldsimposium oor Koormusiek in Istanboel, Turkye.
As lid van die Internasionale Federasie vir Koormusiek, het Stander hierdie geleentheid saam met koordirigente van reg oor die wêreld bygewoon, en skouers geskuur met internasionaal bekende koorleiers soos Elise Bradley, voormalige koorleier van die Toronto Kinderkoor.
Die simposium het as platform gedien vir die bekendstelling van ‘n wye verskeidenheid style en tradisies van ensemble sang. Stander sê die leerskool het ruimte geskep vir die bevordering van artistieke uitnemendheid, asook samewerkings- en uitruilmoontlikhede binne die koorwêreld.
Dié merkwaardige leier, ook deeltyds verbonde aan die Odeion Musiekskool, sê sy strewe is om ‘n verteenwoordiger van verandering in ‘n immer veranderende wêreld, ook in dié van musiek, te wees.
OFM-nuus/Elsabé de Jager
